Annemie Bosch: Vandag (Today | Namuhla | Heute … …. )

Wat ‘n heerlike rykdom van mense wat ek hier leer ken het!  

Denkende mense wat diep delf om skatte van hierdie aarde en sy mensdom na te vors en bloot te lê en met mekaar te deel – wat deel word van mekaar , deel van my.

Hul kom uit elke moontlike agtergrond en beroep en arbeidsveld:

Skrywers, digters, joernaliste,
sangers, besigheidsmense, dokters,
verpleegsters en almal in die mediese beroepe,
werktuigkundiges, mense wat met hout kan toor of met metaal en klip,
huisvroue, tuisteskeppers, moeders en vaders wat die toekoms van ons nasie grootmaak en opvoed,
fotograwe, filosowe, sielkundiges,
predikante en die wat nie meer predikante is of wil wees nie,
mense uit die regswereld, die politiek en sport,
gelowiges en ongelowiges uit verskillende godsdienste of geesteswerelde,
professore, boere, plaaswerkers, bouers,
onmisbare versorgers wat huishoudings glad help verloop terwyl die ouers vêr moet wees,
maatskaplike werkers en nog soveel meer…

|||||||||||

Watter interessante, stimulerende gemeenskap van oor die hele wêreld, maar veral van Suid-Afrika

||||||||||||

mense wat °mekaar opbouend kritiseer, °uitdaag, °bemoedig en °met hul vriendskap dra…

`Sooo bly ek kon nog voor ek oorstap´ (Ferdinand Deist) hierdie besondere groep mense via die elektroniese kommunikasie-middele ontmoet – sommiges in lewende lywe – en van hulle almal kon leer. Kosbaar is jul, een en almal!

Dankie dankie, dankie!!!

Annemie Bosch
Suid-Afrika    (South Africa | eNingizimu-Afrika | Südafrika … …)

>> David Bosch_10.04.1992

3 Kommentare zu diesem Artikel bisher »

Kommentare zu »Annemie Bosch: Vandag (Today | Namuhla | Heute … …. )«

  1. Soos Annemie is daar net één. Saam op Madwaleni 1965 en nog altijd vriende. Vir jou; baie seën op jou jare wat swaar word, ons is allemaal oud. In gebede ondersteun ons mekaar. Liefde wense,Fia

  2. Lieve Annemie, wat mooi gezegd, en wat heb je inderdaad een levenservaring! We zijn blij dat we je hebben mogen leren kennen, (ook via Madwaleni.) We zijn wel ver uit elkaar maar we vergeten je niet, ook niet in onze gebeden! Liefs, Ary en Debora

  3. So ganz von der Seele gesprochen – danke, Annemie und Ben

Kommentieren

Hinweis: Mit der Nutzung dieses Formulars erklären Sie sich mit der Speicherung und Verarbeitung Ihrer Daten durch diese Website einverstanden. Wir speichern keine IP-Adressen bei Kommentaren.
Bitte beachten Sie die Datenschutzerklärung.

Erlaubtes XHTML: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

WordPress Cookie Hinweis von Real Cookie Banner